LettersOpinion

BRIEF: Kommer oor aanstelling van stadsbestuurders

Bekende inwoner en besigheidsman stel vrae oor die aanstellingsproses, ervaring en verantwoordbaarheid van stadsbestuurders in Suid-Afrikaanse munisipaliteite.

• Frans le Grange skryf:

Hoe behoort dit te werk om ‘n stadsbestuurder te word? Een: Begin as junior klerk. Twee: Berei voor vir nodige eksamens om jouself op te werk/ kwalifiseer: a) Regsafdelings b) Administrasie c) Personeel. Drie: Raadsvergaderings en Vier: Afdelingshoofde vergaderings

Afdelings om te bestuur saam met afdelingshoofde:
1. Rekeninge – finansies
2. Elektriese afdeling
3. Water en sanitasie
4. Parke en rioolplase
5. Vullisverwydering – stortingsterrein
6. Ingenieurs – stadsbeplanning
7. Paaie
8. Verkeersafdeling – beamptes
9. Garage – voertuie
10. Brandweer
11. Personeel – PRO
12. Pesbeheer
13. Gesondheid
14. Administrasie – raad agenda – notules

Wie vandag in Suid-Afrika is deur hierdie proses om ‘n stadsbestuurder te word?

LEES OOK: Stephen Maila takes the helm at RandWest SPCA

Dit lyk of stadsbestuurders aangestel word sonder die nodige ondervinding en genoeg kennis. Weet die stadsbestuurders werklik wat sy verantwoordelikheid is om ‘n stad te besuur?

Daar is stadsrade wat meer die verantwoordelikheid vir ‘n politieke burgemeester gee. Wat weet die politieke burgemeester van al die wette wat toegepas moet word en bestuur van ‘n stad.

In die koalisie-metros word ‘n raadslid wat as ‘n raadslid hom beskikbaar gemaak het om te staan as raadslid nou sommer die burgemeester van ‘n metro raad. Is dit nie hoekom ons stede en dorpe is waar ons is nie?

Ek vra ‘n vraag, hoekom lyk ons dorp so na 28 jaar, plus elke vyf jaar ‘n nuwe stadsbestuurder. So Randfontein het al vyf gehad in die laaste 28 jaar.

Waar is ons raadslede wat moet toesig hou oor die bestuur van ons dorp? Ek het in my tyd en in my kar gery om vir hulle te stem. So dan werk jy as ‘n raadslid wat gewen het vir die kiesers en belastingbetaler want jy ontvang ‘n salaris, selfoon, skootrekenaar en pensioen.

* Die bogenoemde word as ’n meningsstuk aangebied wat daarop gemik is om diegene in magsposisies aanspreeklik te hou. Met die plaaslike regeringsverkiesings in gedagte, is hierdie brief van besondere openbare belang. Inwoners wat by die debat wil aansluit, kan ’n e-pos stuur na randfonteinherald@caxton.co.za – red.

*The above is clearly presented as an opinion aimed at holding those in power accountable, which is in line with the South African Press Code. Also, with the local government elections in mind, this letter is in the public interest. For those residents who want to join the debate, send an email to randfonteinherald@caxton.co.za – Ed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button