Opinion

Verhogings na samesmelting was te wagte

Dis net 'n maklike manier om vinnig 'n klomp geld in die koffers te kry.

Net my mening: Met die eenwording van Randfontein en Westonaria kon mens amper die verhogings te wagte gewees het.

Westonaria het bankrotskap in die gesig gestaar. ‘n Tyd gelede is dienste en erfbelasting daar byna verdubbel maar dit het nie veel gehelp nie. Nou kom die aantyging dat Randfontein-inwoners kwansuis ‘n maand agter is met betalings – ‘n maklike manier om vinnig ‘n klomp geld in die koffers te kry om Westonaria soort van solvent te kry.

Laat my wonder hoe lank Randfontein-inwoners al ‘n maand ‘agter’ is. Ek woon reeds 15 jaar hier en dit kom nou eers op die lappe. Kan dit langer as 15 jaar wees?

Indien wel, glo ek as hulle double billing wil doen, moet dit teen 15 jaar gelede se tariewe wees. Ek sê maar net …

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button