Toekies-gemeenskap het ‘n kind dood aan sinnelose misdadigheid
Deurlopende klopjagte deur die polisie, politici en ander besorgdes (kerke en skole) werp nou vrugte af.

Die Toekomsrus-gemeenskap het ‘n kind dood aan sinnelose misdadigheid. Letterlik en figuurlik.
Die samelewing begin nou in die vuis brom oor die diefstal van buitekrane, tuintoerusting en hulle onbewaakte goedere wat normaalweg rondlê. Skrootwerfeienaars is onder diep verdenking vanweë hierdie nuutgevonde kitskontank.
Kwaadwilligheid aan die orde van die dag is motor- en huisinbrake, verdwene wasgoed op waslyne en die vergiftiging van troeteldiere wat die modus operandi van toeslaners versteur.
Meer besorg begin toegewyde moeders hierdie nuwigheid met erns bejeën.
Mamma Grace White, moeder van die gewese kampioenbokser en Korrektiewe amptenaar Joseph White is diep ontsteld oor gebeure in haar kontrei, wat deur kriminele ‘Die vierhoeke van die wêreld’ genoem word.
Deurlopende klopjagte deur die polisie, politici en ander besorgdes (kerke en skole) werp nou vrugte af. Buurtwagte en waakgroepe is nou die nuwe besprekingspunt onder vredeliewende inwoners.
Die gesentraliseerde Emmanuel Kerk waar Mamma Grace diensbaar is, gaan ook ‘n daadwerklike rol speel.
Opelugdienste is nie uitgesluit nie. Daar word ‘n skerp teenreaksie verwag.
Dankie.



