Wat het van higiëne geword?
'n Groot aantal voorskrifpille (verskillende soorte) word op dieselfde telblad uitgegooi en getel, sonder dat die blad skoongemaak word.

Een Sondag gee ek ‘n voorskrif by ‘n apteek in. Die permanente personeel is nie aan diens nie.
Die persoon wat my help haal ‘n nuwe pilhouer uit die voorraad wat nog geseël is. Tot my verbasing gebruik die persoon sy tande om die plastiese seël om die deksel af te kry. Die persoon gooi van die pille uit om te tel en van die pille val op die grond. Die persoon tel dit van die grond af op en gooi dit weer terug in die pilhouer.
Wat het van higiëne geword?
‘n Groot aantal voorskrifpille (verskillende soorte) word op dieselfde telblad uitgegooi en getel, sonder dat die blad skoongemaak word.
Voorskrifpille/ -medisyne word in plastiese houers geplaas en aan klante gegee om te gaan betaal. Honderde personeellede/ klante hanteer daagliks die houers, seker sonder dat die houers skoongemaak word. Higiëne.
Geld word hanteer deur personeellede/ klante. Higiëne.
Siek klante kom by apteek in en kry voorskrifmedisyne. Voel en vat ook aan nievoorskrifmedisyne. Higiëne. Wat van beter higiëne? Dra handskoene en ontsmet piltelblad en plastiese medisynehouer gereeld.
Ek wonder maar net …