Opinion

Ons bid vir Toekies

Dis asof die munisipale bywetgewende boewe deur die venster geslinger is.

Dis asof die munisipale bywetgewende boewe hier in Toekies deur die venster geslinger is.

Sommige strate is nou onbegaanbaar vir verkeer en voetgangers weens straathoek-sokkertoernooie. Ronddwaalhonde, rommelstrooiing en gemeenskaplike onwettighede soos dobbelary op randstene kom nou algemeen voor.

Daar word steeds gegis oor die opening van ‘n binnemuurse sportkompleks wat tot dusver lyk na ‘n vuurblussende bad. Kleinsake deur bona fide-inwoners word deesdae op straat bedryf terwyl ‘n kleinsakesentrum (by die vier hoeke) jare lank in onbruik staan …

Alle noodsaaklike dienste is buite bereik van die meeste inwoners. Rusverstoringsklagtes soos luidrugtige laatnag blêrkasmusiek is ‘n hopelose klaaglied.

Niemand ken hulle wyke en gekose raadslede nie.

Als te danke aan wyke en partyskappe. Die vlaag van onwettige bedrywighede gedurende ontoelaatbare ure vier hoogty terwyl politieke raadslede steeds in stilswye verkeer. Dalk sal straatkomitees en vertoë soos voorgestel deur mamma Grace White alle huidige plae uit die weg ruim.

Ons bid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button