Opinion

Lazaarlaan ‘n rusplek vir vragmotors?

Daar is verskeie maatskappye se vragmotors wat dit doen.

Weet nie of julle dalk die munisipaliteit kan inlig oor die sypaadjie in Lazaarlaan wat ‘n vragmotorstop geword het nie.

Hierdie sypaadjie is ‘n gemors. Elke liewe trok gebruik dit as hulle persoonlike russtop/ rusplek om oorkant die pad by ‘n vulstasie te gaan padkos kry.

Hulle jaag so hier verby en alles is vol stof …

Mangat-eksels is al ‘n paar keer vervang en selfs paaltjies wat ek dwars oor die sypaadjie geplant het, ry hulle bloot net om. Ek het een paaltjie oor!

Daar is verskeie maatskappye se vragmotors wat dit doen.

Die een foto (aangeheg) is hoe dit tans hier lyk. Al daai agterligte is vragmotors. Seker so agt.

Hoop julle kan iemand hieroor inlig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button