Opinion

‘n Stem van die vrede self

Al sy pastorale mededienaars, familielede en die onderwyskorps was hier teenwoordig.

Kort voor sy dood het my oompie Karel Dickson, die senior orrelis en skriba van die destydse NG Sendingkerk, op sy siekbed vir eerwaarde Freddie George, 81, ingeroep en hom in Christenskap afgevaardig om aan die gemeenskap verskoning te vra indien hy teenoor hulle oortree het.

‘Oom Ghiets’, soos hy algemeen bekend is, het dit wel by elke geleentheid in die openbaar gedoen. Op Saterdag die 30e November het die uitgetrede gemeenskapsleier van die Toekies Community Church, eervol die gedenkgrafsteen van sy geliefde lewensmaat, Aunt Doris onthul en verversings aan die gemeenskap voorsien en selfs aangedring op wegneemetes aan die minderbevoorregtes.

Al sy pastorale mededienaars, familielede en die onderwyskorps was hier teenwoordig.

Selfs sy nie-aggresiewe waghonde het rustig onder die mense se voete rondbeweeg en hulle al lekkend gegroet … ‘n stem van die vrede self.

Pastoor Alfred Mochubela van die Emmanuel Kerk het die Woord bedien op grond van Spreuke 31 vers 10: ‘Wie sal ‘n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale’, paslik met die tema van anti-vroue en -kindergeweld wat deur die Man van die Jaar-nominant, Enrique Bhana van WAWA uitgeroep is.

Eerwaarde het sy vrou tot in haar graf vereer, teenstrydig met die verwaarlosing van sommige ‘manne’ teenoor hul huisgenote. By geleentheid het hy die skrywe van ons ringleier, eerwaarde Frank Chikane (AGS) aangehaal: “No life of my own”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button