Padvark, hoe lewe jy met jou gewete?
Die saak is aangegee by die polisie want dit is 'n 'Hit-en-run'.

Ek, ‘n bejaarde dame het in Greenhillslaan naby Owlstraat gery. ‘n Motoris met ‘n spesifieke kleur motor het met ‘n vreeslike spoed agter my ingekom.
Die volgende oomblik het dit gelyk of hy wil verbygaan en baie naby aan my kar gery, maar daar het ‘n ander kar van die teenoorgestelde kant af gekom.
Al wat ek gevoel en gehoor het was ‘n slag soos hy agter in my kar vasgery het.
Hy het in Owlstraat ingeswaai en weggejaag. Ek het tot by die volgende stopstraat gery en omgedraai. ‘n Man langs die pad het vir my gewys hy het in Owlstraat ingery.
Ek het oral gekyk of ek hom gesien kon kry maar tevergeefs.
Ek sê en vra vir daardie roekelose lafaard of dronkg@t of slapg@t, wat hy ook al is, kom ‘face jou sh!#’ want jou gewete gaan vir jou pla.
Hoop jou kar het ook skade en beloop sommer ‘n paar duisend rand.
Die saak is aangegee by die polisie want dit is ‘n tref-en-trap.



