Ons droom van ‘n verwelkomingsbord
Ons droom van 'n verwelkomingsbord voor WAWA wat lees: 'Welkom in Toekies. Geniet jou dag!'
As gevolg van wanadministrasie in die vorm van vangwatekorte en dienspersoneel is die lang arm van die gereg nieseremonieel in Toekies afgekap en verkort.
Selfs die Gemeenskapspolisiëringsforum is gesigloos terwyl kwaadwilliges wemel by sakepersele en parasiteer op hardwerkende inwoners se verdienste.
Ek en Enrique Bhana van Women Against Women and Child Abuse (WAWA), het ligtelik gepeusel aan die idee van ‘n verversingspos vir taxiryers, passasiers en werkspanne wat die loopvlakke as deurgang na en van hul werksplekke en die dorp gerieflik benut.
Oorkant en langsaan WAWA bestaan daar die volgende aktiwiteite: uitlaatstelselherstelwerke, kerkdienste, mielie- en vrugtehandelaars, ‘n taxiwassery en Trudy’s Nest, omsingel deur onvoldoende uitlandse spookwinkels wat nie aan die verwagtinge van pendelaars by die taxistaanplek voldoen nie.
Geen wonder die aangrensende sportstadion (groter as Orlando) staan in onbruik aangesien die voeding- en verversingsdiensleweraars nie binne loopafstand bereikbaar is nie.
Sal die publiek nie juig oor ‘n koppie warm koffie en ‘n vetkoekie soggens en saans, insluitend ‘n wegneem-smulgereg soos roti’s en worsrolletjies wat op openbare aanvraag is nie?
Ons droom van ‘n verwelkomingsbord voor WAWA wat lees: ‘Welkom in Toekies. Geniet jou dag!’



