Opinion

Greenhills-begraafplaas: ‘Ek is te bang’

Die minste wat ons munisipaliteit kan doen is om die gras te sny en die rioolprobleem op te los.

Aangaande die toestand van die Greenhills-begraafplaas die volgende …

Dit is voorwaar ‘n skande.

My man is op 11 Januarie 2020 oorlede en in die ou deel begrawe.

Ek gaan een maal ‘n naweek soontoe maar ek moet iemand elke keer vra om saam te gaan want ek is vrou alleen en te bang. Ek kan nie eers regtig daar tyd spandeer nie want jy weet nie wie jou dalk gaan bekruip vanuit die bosse nie.

Dis ‘n verleentheid vir almal wat geliefdes daar begrawe het. Dis vuil en die stank van die riool is erg.

Ons as inwoners verdien nie hierdie soort behandeling nie. Ek het ten duurste betaal om my geliefde daar te begrawe. Die minste wat ons munisipaliteit kan doen is om die gras te sny en die rioolprobleem op te los.

Ek betaal mense om elke week die gras om my man se graf te sny omdat ek nie langer as vyf minute daar kan vertoef nie omrede dit so onveilig is.

Hulle (die munisipaliteit) moet dit veilig maak vir ons as inwoners van Randfontein. Dit is ons reg om dit te versoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button