Opinion

Ek mis my sport!

Die redakteur skryf:

Dinge is net nie meer dieselfde nie. Soos enigiets anders in die lewe het sport ook lelik deurgeloop onder die Covid-19 pandemie.

Wys jou net … jy weet nie wat jy het totdat dit weggeneem word nie. Ek mis dit regtig om veral oor naweke na sport te kyk. Veral rugby.

Dis net nie lekker om biltong te eet en ‘n koue een te drink sonder die heel belangrikste item nie. Ek mis dit om elke Saterdagoggend met groot opgewondenheid op te staan, my geliefde Stormers- of Bok-trui aan te trek en uit volle bors hier in my eie sitkamer vir my eie span te skreeu.Ja, Super Rugby is weer terug maar dit is ook net Nieu-Seelandse spanne wat die voorreg het om mee te ding. Die enigste probleem daarmee is dat die wedstryde gespeel word wanneer ek in droomland is … Waar is die Suid-Afrikaanse derbies? Hoe lank moet ek nog wag? Hoe lank gaan ek nog wag? Gaan dit nog hierdie jaar gebeur?

SA Rugby het wel die ja-woord gekry om op professionele vlak te oefen, maar dit help my nie veel nie. Behalwe om na die wedstryde op TV te kyk wil jy af en toe ook stadion toe gaan om saam met jou familie en vriende voor die tyd lekker te braai, te kuier en die atmosfeer te beleef.Daar is ook so af en toe ‘n sokkerwedstryd waarna ek kan kyk maar die pawiljoene is leeg. Daar is niks gesingery of ‘n gejuig nie en as ‘n doel aangeteken word, hoor jy net ‘n kriek wat raas.Boonop moes die Olimpiese Spele oor ‘n paar weke plaasgevind het maar dit is uitgestel tot volgende jaar. Wie sou die vinnigste man op aarde gewees het? Wie sou ‘n rekord verbeter? Dit gaan ons alles eers volgende jaar uitvind.Dan is die Comrades en nou onlangs ook die Spar Vroue Grand Prix gekanselleer.Daar is darem ‘n baie dowwe lig aan die einde van die tonnel … …Binnekort sal die krieketmanne weer in aksie wees en ek gaan ek beslis vasgenael voor die TV sit.

Volgens Krieket Suid-Afrika sal AB de Villiers, Kagiso Rabada en Quinton de Kock die kapteins wees van die enigste drie spanne wat om die Solidarity Cup meeding. Dan wat motorsport aanbetref sal die Formule Een weer van 3 tot 5 Julie plaasvind. Go Ferrari!

Wat wil jy graag weer sien? Wat het die pandemie van jou af weggeneem? Laat weet ons per epos na randfonteinherald@caxton.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button