School sportSport

Twee rugbyspelers van Ram haal Goue Leeus

Khotso en Tiaan in o.12-span opgeneem.

Na ‘n suksesvolle rugbyliga is Laerskool Randfontein (Ram) trots op Khotso Segale en Tiaan Barnard wat onlangs in die Goue Leeus se o.12-rugbyspan opgeneem is.

Volgens Ram se woordvoerder, Annie Nolan het Laerskool Randfontein se rugbyseisoen onglangs tot ‘n einde gekom en kort daarna het die finale rondte van die Goue Leeus-rugbyproewe plaasgevind.

“Ons rugbyseuns het uitstekend gevaar,” het Nolan gesê.

Sy vertel verder dat slegs o.12- en o.13-spelers aan die proewe kon deelneem.

“Ons kan met trots sê dat nege van ons o.12-seuns en tien van ons o.13-seuns die Randwes rugbyproewe geslaag het en na die volgende rondte deurgedring het,” sê Nolan.

Tydens dié rondte proewe is ook vier van Ram se o.12- en twee van hul o.13-rugbysterre in die Wes-Randspan opgeneem.

“Ons is baie trots op dié leerlinge en wens hulle alle sterkte vir die toekoms toe,” het Nolan bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button