Talle Jannas-rugbyspelers maak naam in ‘Coke’-reeks
'Dit is voorwaar 'n groot prestasie' — afrigter
Sewe Jannas-rugbyspelers is vir die o.18- en o.15-Coke Rugbyspanne gekies.
Volgens een van die afrigters by Hoërskool Jan Viljoen, George Smith, is Jaco van der Merwe, Wayne Stonehouse en JP Brummer gekies om vir die o.18-Coke-span uit te draf, terwyl Wikus Meintjies, Jacques van Heerden, Waydeane Stellenberg en De Wet Naudé vir die o.15-span gekies is.
Dit kom na Hoërskool Jan Viljoen se o.15’s die titel gewen het.
“Dit is voorwaar ‘n groot prestasie om in dié spanne opgeneem te word, aangesien dit uit meer as 25 skole gekies is,” vertel Smith.
Hy sê dat die skole wat aan dié reeks deelgeneem het skole soos Kemptonpark, Middelburg, Alberton, Trinityhouse, Bekker, Bastion, Florida, Riebeeckrand en Fochville insluit.
“Die verteenwoordigende Coke-span sal ook binnekort teen ‘n gekombineerde span van KwaZulu-Natal kragte meet. Ons wens die spanne baie sterkte toe met die wedstryde asook met hul voorbereiding,” vertel Smith.
Smith is ook gekies om die o.15-Coke-span af te rig, terwyl ‘n mede-afrigter van Hoërskool Jan Viljoen, Fanie Schoonraad die o.18-Coke Rugbyspelers sal afrig.
Verwante artikels:




