School sportSport

Rappies kook in minikrieket

Skool beoog om kriekettalent vir die toekoms te kweek.

Laerskool Rapportryer bied minikrieket vir hul leerlinge aan om hul jong krieketerspelers se vaardighede te ontwikkel.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, gaan dit goed met die spannetjies.

“Ons o.6- tot o.8-krieketseuns werk hard aan hul vaardighede om uitmuntende krieketspelers in die toekoms te word.”

Sy vertel dat die spelers kragmetings teen skole soos Laerskool Randfontein (Ram), Westgold en Toekomsrus met groot ywer sal aanpak.

“Ons is baie trots op ons minikrieketseuns. Die o.6-spannetjie het sover al hulle wedstryde gewen. Die o.7- en o.8-spanne vaar ook baie goed,” vertel Olivier.

Rappies bedank al die leerlinge se ouers vir hulle getroue ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button