In die 200m-item vir dogters o.15 het Tsegofatso Dlamini van Glen Harvey eerste gekom tydens die vriendskaplike atletiekbyeenkoms by Jannas. Ook in die foto van links is Chené Horn (32,71 Jannas) en Kerabo Mogatla (34,47 sek Jannas).
Atlete van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs uitgeblink in ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms teen Die Adelaar Gekombineerde Skool, Hoërskool Roodepoort en Glen Harvey.
Die hitte golf het weereens gesorg vir talle krampe en gerekte spiere maar daar was geen ernstige beserings nie.
Die kinders en onderwysers het almal seker gemaak dat hulle baie water drink en soveel as moontlik uit die son uit bly.
Jannas het die byeenkoms gemaklik gewen met 64 goue-, 39 silwer- en 39 bronsmedaljes. Hoërskool Roodepoort was tweede, Die Adelaar derde en Glen Harvey van Westonaria laaste.
Donald Scotlego van Hoërskool Roodepoort het die eerste plek gevat in die 400m hekkies vir seuns o.19 met ‘n tyd van 1 minuut, 8,47 sekondes.
Jan Viljoen se JC Arlow o.14 wys ook dat hy die gewigstootbal kan baas raak.
Leon Viera van Hoërskool Roodepoort in aksie in die gewigstoot-item vir seuns o.14.
Die Adelaar Gekombineerde Skool gewigstoot deelnemer, Cornelius Mabasa met ‘n bielie van ‘n gooi vir seuns o.14.
Christien Henning het eerste plek gevat in die 200m-item vir dogters o.14 met ‘n tyd van 28,97 sekondes.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!