Jannas se Mpho gekies vir SA’s
Mpho Ndongeni, 'n matriekleerder van Jannas is in die Gauteng-netbalspan opgeneem en sal in Augustus by die SA's in Durban in aksie wees.
Hoërskool Jan Viljoen spog met ‘n Suid-Afrikaanse netbalkampioen.
Matriekleerder Mpho Ndongeni is onlangs in die Gauteng-netbalspan opgeneem en sal in Augustus aan die SA’s in Durban deelneem.
Mpho is gekies as senter vir die span, maar sy is bekend vir haar veelsydigheid en kan in enige posisie speel. Sy speel reeds van 14-jarige ouderdom af in die skool se eerstespan en is die afgelope drie jaar lid van die Gauteng-netbalspan.
Sy speel ook klubnetbal en leef vir dié sport.
Mpho se afrigter het aan die Herald vertel dat sy ‘n baie goeie student is en dat daar in 2018 ‘n groot leemte in die eerstenetbalspan gaan wees.
“Sy verdien haar prestasie,” het Magdie Vermeulen gesê.
Mpo het besluit om aanstaande jaar aan die Universiteit van Pretoria te gaan studeer om daar ook haar drome en passie uit te leef.
Die skool wens vir Mpho geluk en ook sterkte toe vir die wedstryde wat voorlê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



