Eerstenetbalspan van Riebeeck beste in die distrik
Daar heers 'n gevoel van trots op die skoolterrein van Hoërskool Riebeeckrand nadat hul eerstenetbalspan as die beste in die distrik aangewys is.
Hoërskool Riebeeckrand se eerstenetbalspan het onlangs die beste gevaar in die D2-distrik. Hulle het boonop tydens Gauteng-dag 11de in die provinsie geëindig.

“Die dogters het voorwaar die vrugte gepluk van hul harde werk en toewyding. Riebeeckrand is trots op ons dogters. Suzanne Tiedt rig al vir baie jare die eerstespan af en met haar leiding, motivering en uitstekende afrigtingstegnieke vaar ons netbal baie goed,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.
Riebeeckrand sien uit na die volgende netbalseisoen en glo dat daar weer verskeie hoogtepunte sal wees.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



