Twee Rappies-leerders wys wat ritme is
Op 9 September gaan hulle hul klub op provinsiale vlak verteenwoordig.
Stefan de Jager en Marco Hoffman, albei Graad 4-leerders van Laerskool Rapportryer, het uitstekend gevaar in hulle hip-hop- danseksamen.
Die twee top dansers het die afgelope vakansie hulle hip-hop-eksamen afgelê waarin albei 80 persent behaal het. Hulle was ook die beste in hul ouderdomsgroep.
Verlede maand het hulle aan Hip-Hop Dance South Africa se streekskampioenskappe deelgeneem waartydens hul groep die eerste plek behaal het. Op 9 September gaan hulle hul klub op provinsiale vlak verteenwoordig.
“Baie geluk aan die twee seuns. Ons wens hulle baie sterkte toe met die kompetisie,” het Roleen Olivier, Laerskool Rapportryer se woordvoerder gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



