Nege krieketspelers van Ram in Gauteng-Wes-krieketspan
Hierdie seuns toon elke jaar hul besonderse talent in krieket.
Laerskool Randfontein het vir die vierde agtereenvolgende jaar die besonderse prestasie behaal om verskeie Gauteng-Wes-krieketspelers op te lewer.
Dié sport is onder die leiding van Hansen Pretorius. Hy stel hoë verwagtinge aan die spelers en het ‘n positiewe gesindheid teenoor die sport.
“Ram-leerders word van jongs af aangemoedig om krieket te beoefen,” het woordvoerder Annie Nolan gesê.
Rammies is baie trots op die seuns wat in die onderskeie ouderdomsgroepe vir Gauteng-Wes-krieketspanne gekies is. Hulle het puik vaardighede getoon en het kop en skouers bo die ander uitgestaan. Hulle gaan nou aan die Gauteng-toernooi deelneem.

Die volgende seuns is gekies:• o.9: Dian Taljaard, Quintin Nel, James du Randt en Peet Fourie• o.10: Teagen Fortuin• o.11: Waldo Greyling• o.12: FG Mulder, Brian Ernst en Kieren Rautenbach
Volgens Annie staan die o.12-seuns ‘n kans om dan in die Gautengspan opgeneem te word wat aan verdere toernooie gaan deelneem.
Hierdie seuns toon elke jaar hul besonderse talent in krieket. Dis die tweede jaar in ‘n ry dat Dian, Waldo, Brian en FG gekies word vir die Gauteng-Wes of D2-span.
Ram is baie trots op die seuns wat sp goed presteer.
“Ons kan nie wag om te sien wat julle met die talente gaan regkry nie. Daar is dalk nog ‘n Protea-speler of twee onder hulle,” het Annie gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



