School sportSport

Pasop! Hier kom Jannas se o.16-jukskeikampioene

Vier o.16-dogters van Jannas het die skool en dorp se naam hoog gehou in jukskei toe hulle as ligawenners aangewys is.

Die hoë standaarde wat Hoërskool Jan Viljoen in jukskei stel, en die harde werk om daaraan te voldoen, het vrugte afgewerp.

In Augustus het die spelers aan die skoleliga deelgeneem en die o.16-dogters is as ligawenners aangewys. Die dogters is Dalèèn Nel, Qraine Nel, Kay-Leë Maree en Talita Steyn.

Verskeie ander spelers is ook geïdentifiseer om die Wes-Rand tydens Bondedag te verteenwoordig. Dit is ‘n jaarlikse byeenkoms waar spelers van reg oor Suid-Afrika met mekaar meeding. Dit word vanjaar in Boksburg aangebied. Dié spelers is Dylon Broodryk, Ryno Pienaar, Ruan Steyn, Tiaan Fourie, Qraine, Talita en Dalèèn.

Op Saterdag, 9 September het Jannas se o.16-dogters aan die Noordvaal Skole Jukskei-kampioenskappe deelgeneem. Die dogters het met ‘n silwermedalje weggestap. Dalèèn is as uitblinker vir die dag aangewys.

Jannas is baie trots op sy bobaas-jukskeispelers.

Die o.16-dogters Dalèèn Nel, Qraine Nel, Kay-Leë Maree en Talita Steyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button