School sportSport

Rappie moker 181 van 68 balle

Rappies het 'n bielie van 'n krieketspeler in hul midde, Kieran Knight.

Kieran Knight, ‘n Graad 7-leerder van Laerskool Rapportryer werk hard om eendag sy droom om ‘n Protea-krieketspeler te wees, te bewaarheid.

Kieran is vanjaar vir die D2 Streekspan gekies en het Sondag, 19 November ’n uitmuntende 181 lopies van slegs 68 balle vir sy span gemoker. Hy het 17 sesse en 16 viere aangeteken.

Tydens ‘n wedstryd vir die Gauteng-Wes A-span nagenoeg twee maande gelede het hy 10 paaltjies in die span se eerste beurt geneem en slegs 26 lopies afgestaan. Hy het aan die einde van die vierdag-toernooi met ‘n paaltjie-oes van 18 weggestap.

Aksiekrieket is ook een van Kieran se passies en hy het in die Julie-vakansie as lid van die Western Gauteng-aksiekrieketspan aan ‘n interprovinsiale toernooi in Pietermaritzburg deelgeneem.

“Kieran ontvang sedert 2013 elke jaar die kriekettrofee by Rappies se prysuitdeling,” het die Laerskool Rapportryer-woordvoerder Roleen Olivier gesê.

Vanjaar is hy as die skool se beste kolwer aangewys, en het reeds die toekenning as die beste Junior Krieketspeler van die Jaar vir die 2015/ 2016-seisoen by die Randfontein Krieketklub ontvang.

Kieran bedank graag vir Laerskool Rapportryer vir die goeie grondslag wat daar vir sy prestasies gelê is, en ook vir sy borg dat hy in hom glo, inspireer en motiveer om sukses te behaal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button