School sportSport

Rappies tops by SA’s

"Die SA-kampioenskappe 2017 was 'n fees en ons sien uit na die jaar wat voorlê."

Laerskool Rapportryer se jukskeisterre het nie die afgelope skoolvakansie leeggelê nie. Hulle het van 8 tot 15 Desember aan die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe in Kroonstad deelgeneem.

“Dit was ’n lang, besige week en ons leerders het puik gevaar,” het skoolwoordvoerder Roleen Olivier gesê. Rappies-onderwysers Lizél Wilken en Milandi Olivier was die o.13-spanne se afrigters.

Schalk Brits (kaptein) en Zian Deysel was in die Wes-Randse o.13A-seunspan. Hulle het in die Medalje-afdeling deelgeneem en die sesde plek in die land behaal. Rappies is baie trots op hierdie seuns.

Q-hanri Nel (kaptein) en Jessica Mans was in die o.13A-dogterspan. Hulle het pragtig gegooi en baie nuwe tegnieke aangeleer. Megan Joubert (kaptein) en Chrizel van Zyl het in die o.13 gemengde span gespeel.

Hulle het ook baie aktiwiteite gedoen om hul jukskeivaardighede te verbeter.

“Die SA-Kampioenskappe 2017 was ‘n fees en ons sien uit na die jaar wat voorlê,” het Roleen gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button