School sportSport

Rappies se bobaas judoseisoen

Die Rappies-leerders presteer elke jaar puik by die SA Kampioenskappe.

Golden Score Judoklub in Randfontein het tydens hul jaarlikse prysuitdeling al die judokas beloon vir hul harde werk en toewyding.

Karla Botes, Meghan Pretorius en Abbigail le Clus. Foto: Ingestuur.

Die Rappies-leerders presteer elke jaar puik by die SA Kampioenskappe en verlede jaar was geen uitsondering nie. Die volgende Kampioenskap sal einde Junie plaasvind.

“Al hierdie prestasies was net moontlik danksy sensei Michelle Booyse se leiding en afrigting,” het Roleen Olivier, Laerskool Rapportryer se woordvoerder gesê.

“Baie geluk aan Armand Pretorius en Johan Collins wat die Sportseun van die Jaar-trofee deel, asook aan Karla Botes, Meghan Pretorius en Abbigail le Clus wat die Sportdogter van die Jaar-trofee deel,” het Roleen vertel.

Armand Pretorius en Johan Collins. Foto: Ingestuur.

Laerskool Rapportryer is baie trots op die leerders en wens ook al die ander leerders geluk wat baie goed gevaar het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button