Ram-netbalspan oorrompel hul opponente
Ram se o.10A-netbalspan het hul Weltevreden Park-opponente met die kous oor die kop huis toe gestuur.
Die o.10A-netbalspan van Laerskool Randfontein het op Dinsdag 22 Mei vir ‘n wegholoorwinning gesorg.
Hulle het hul Weltevreden Park Primary-opponente met die kous oor die kop huis toe gestuur. Die telling in dié superligawedstryd was 23–0 in Ram se guns.
Ram-hoof Leon Haupt het verduidelik dat dit belangrik is om aan sport deel te neem, veral omdat verskillende skole aan die Wes-Rand met mekaar meeding. Dit bevorder die ontwikkeling van sport, asook ‘n gevoel van samehorigheid tussen die onderskeie skole en hul leerders.
Dit is baie voordelig dat die kinders aan hierdie aktiwiteite deelneem. Hulle leer baie en omdat sport ‘n sosiale aktiwiteit is, kan hulle tyd saam met hul maats deurbring,” het hy gesê.
Dit is vir hom belangrik dat die leerders aktief bly, want dit is voordelig vir hul groei en ontwikkeling.
Leon het verder gesê dat hoewel die skool baie trots op die span se groot oorwinning is, is die belangrikste dat die kinders deelneem en leer hoe om mededingend te wees.
“Selfs al verloor hulle ‘n wedstryd is dit nie die einde van die wêreld nie. Ons is daartoe verbind om die leerders die waarde van sportmangees deur harde werk en oefening te leer,” het Leon bygevoeg.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



