School sportSport
Goeie rugbyseisoen vir Rappies se welpies
Laerskool Rapportryer se o.6-welpierugbyspanne het die meeste van hul wedstryde vanjaar gewen.
Laerskool Rapportryer se o.6-welpierugby het ‘n uitstekende seisoen agter die rug. Delano Brits, Duran Crous en Tiaan Smit was die drie o.6-spanne se beste spelers.

Volgens hoofafrigter, Johan van Dyk, het hul vanjaar drie o.6-spanne gehad en die Tigers, Jaquares en Cheetahs se spelers het almal uitstekende rugby gespeel.

“Hulle het van Maart tot Mei teen ander skole in die streek gespeel en hulle het die meeste van hul wedstryde gewen,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



