Local sportSport

Eagles se Willie gekies vir SA-span by Statebondspele

'Eagles Stoeiklub is baie opgewonde oor sy prestasie' – klub na hoofafrigter gekies is vir SA-span by Statebondspele.

Hoofafrigter van die Eagles Stoeiklub, Willie Steenkamp, is onlangs gekies om Suid-Afrika by die Statebondspele in Pretoria te verteenwoordig.

Die 29-jarige Willie is in Oktober vir die Suid-Afrikaanse span gekies.

Lees ook: Hoekom stoei? Eagles se Willie verduidelik

Este Steenkamp, klubbemarker en ‘n spanbestuurder het vertel dat die Statebondspele van Vrydag, Desember 3 tot Sondag, Desember 5 by die Heartfelt Arena plaasvind waar internasionale spanne ook gaan deelneem.

Sy het vertel dat Willie gekies is om in die Grieks-Romeinse styl in die seniorkategorie en 87kg-gewigsgroep te stoei.

Eagles Stoeiklub is baie opgewonde oor sy prestasie. Willie is ‘n goeie voorbeeld vir ons stoeiers wat graag in sy voetspore wil volg. Ons sien beslis uit na als wat voorlê,” het Este gesê.

Willie het vertel dat hy self in die sewende hemel is en hard oefen om sy stempel teen die beste af te druk.

“Ek is positief vanweë al die harde werk wat ek die afgelope maand ingesit het,” het hy vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button