Local sportSport

RandMark-lede vereer tydens prysuitdeling

RandMark Hardloop-, Stap- en Fietsryklub het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling vir lede gehou.

Lede van die RandMark Hardloop-, Stap en Fietsryklub is op Saterdag, 26 Februarie tydens hul jaarlikse prysuitdeling vereer.

Klubwoordvoerder Lee Kotze het vertel alhoewel die pandemie en regeringsregulasies dinge moeilik gemaak het, het die klub sy bes gedoen om deelname en aktiwiteite moontlik te maak en op die ou einde erkenning aan sy lede te gee.

Dit maak dinge moeilik om spesiale pryse uit te deel aangesien daar in al vier dissipline wat RandMark aanbied nie wedlope op wedrenne kon plaasvind nie, daarom is RandMark gedwing om ‘n verkorte weergawe van die jaarlikse prysuitdeling te hou.”

Sy het vertel dat dit steeds ‘n lekker aand was waartydens klublede oor hul hoogtepunte vir die jaar met mekaar kon gesels en met hul trofeë en pryse spog.

“Alhoewel ons baie klublede verloor het as gevolg van Covid-19, heers daar tog ‘n goeie gees en groot opgewondenheid oor die jaar se aktiwiteite wat beplan word.”

Hier is ‘n paar van die toekennings wat gedoen is:

• Yolandi Botha – Beste vordering getoon in fietsry

Yolandi Botha en Jan Kotze (RandMark-voorsitter). Foto ingestuur.

• Nico Smit – Tweede algeheel vir mans (padfiets)

• Louisa Douglas – Komiteelid (sekretaresse)

• Jan-Hendrik Visser – Komiteelid: kroeg- en klubhuisbestuurder

• Bertie Nel – Rots van RandMark, en ontvang erekleure vir sy drie jaar ononderbroke diens as bestuurslid. Hy is ook ‘n komiteelid, die tesourier, statistikus, klub- en ‘n kroegbestuurder

Nico Smit en Jan Kotze (Randmark-voorsitter). Foto ingestuur.

• Beulah Botha – Meeste tydtoetse gedoen (29) en klubkampioen (dames – hardloop)

• Clement van der Merwe – Klubkampioen (mans – hardloop)

• Christo Hegter – Klubkampioen (mans – stap)

Louisa Douglas en en Jan Kotze (Randmark-voorsitter). Foto ingestuur.

• Lee Kotze – Meeste klubaande bygewoon (dames), die klubkampioen (dames – padfiets), tweede algeheel (dames – bergfiets), en is ‘n komiteelid en mediaverteenwoordiger

• Komiteelede vir 2022 is Jan-Hendrik Visser, Bertie Nel, Lee Kotze, Paul Kotze, Jan Kotze, Louisa Douglas. Afwesig: Lizeth Rowan, Nico Smit en Lanese Forbes

Jan-Hendrik Visser en Jan Kotze (Randmark-voorsitter). Foto ingestuur.
Bertie Nel en Jan Kotze (Randmark-voorsitter). Foto ingestuur.
Lee Kotze en Jan Kotze (Randmark-voorsitter). Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button