Local sportSport

Ram se gholfdag ‘n klinkende sukses

Die somber weer kon nie die talle gholfspelers keer om Laerskool Randfontein se jaarlikse gholfdag te ondersteun nie.

Die somber weer kon nie die talle gholfspelers keer om Laerskool Randfontein te ondersteun tydens hul jaarlikse gholfdag nie.

Vroeg op Donderdag, 17 Maart het spelers by die Krugersdorp Gholfbaan gearriveer om die dag saam met die skool te geniet en ‘n gesellige ronde gholf te speel.

RAM se gholfdag was vol pret, met elke speler gefokus om altyd een hou beter as hul spanmaat te probeer slaan.

Organiseerder van die gholfdag, Steve Greyvenstein het vertel dat dit soos elke ander jaar ‘n reusesukses was danksy hul borge en die gemeenskap wat so gewillig is om elke jaar te help.

Die gholfdag is ten bate van die skool. Ons wend elke jaar se gholfdaginkomste aan vir ons kinders en die gemeenskap, en ons gebruik dit na goeddenke.”

Vanjaar se gholfdagfondse gaan gebruik word vir ‘n nuwe turfblad op die skool se A-krieketveld.

Laerskool Randfontein bedank graag al hul borge wat die dag moontlik gemaak het: Nate’s Restaurant, EPR, Trifonics, Noble Properties, NWK Retail, Jawitz Properties, Ben Morgenrood Group en Hoërskool Riebeeckrand.

Miranda Carlson, Sanrie Nell, Danielle van Rooyen, Elma Seraiva en Marlie Potgieter. Foto: Michelle Roodt.
Andries Taljaard en Gerhard Mulder. Foto: Michelle Roodt.
Mario De Magalhaes en Jaco van Heerden. Foto: Michelle Roodt.
Steve Greyvenstein en Jano Lourens. Foto: Michelle Roodt.
Lisa Huisman, Zelda Liebenberg, Shamyra Moonsamy, Thana Cronje en Carla Cato. Foto: Michelle Roodt.
Koos Seaman en Neels Kotzè. Foto: Michelle Roodt.
Franz Gerber, Corrie Pruis, Anton Gerber en Anton Pruis. Foto: Michelle Roodt.
Evert du Plessis en Jooste Henning. Foto: Michelle Roodt.
Janco Tiedt en Johan Tiedt. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button