Local sportSport

Teine begin vrouerugbyspan

Rugby by die Randfontein Rugbyklub is nie meer net vir die mans nie – die dames kan ook nou kom speel.

By die Randfontein Rugbyklub is rugby speel nou nie meer net vir die manne beskore nie – daar is nou ook vrouerugby!

Dames, dit is nou jul kans om die manne te wys hoe dit gedoen word, want die #Teinegirls is reg om alle dames te verwelkom wat wil rugby speel en ontslae raak van daardie daaglikse stres.

Direkteur van Rugby en hulpafrigter van die vroue, Hennie van Eck het vertel dat die vroue so ‘n massiewe ondersteuningsrol by die Randfontein Rugbyklub speel, en dat dit net ‘n formaliteit is dat hulle ook ‘n kans kry om te wys waartoe hulle in staat is.

Daar is beslis belangstelling in die dorp en wie weet, dalk lewer ons klub ‘n Leeus-vrouespeler op,” het hy gesê.

Hennie het verduidelik dat hul mikpunt is om ‘n kompeterende span in te skryf vir die Leeus Sewes-toernooi wat voeg in Julie aangebied word.

“Ons wil alle dames uitdaag om te kom probeer rugby speel.”

Die vroue se eerste oefening vind plaas op Woensdag, 6 April om 18:30.

Lees die volledige berig in hierdie week se Herald (8 April).

Rachelle du Plessis gooi die bal vir Melanie Cronje. Foto: Michelle Roodt.
(Agter): Lulu Kleyn (Klubbestuurder), Ian van Wyk (afrigter), Hennie van Eck (Direkteur van Rugby en hulpafrigter).
(Voor): Melanie Cronje, Phiasje Combrink en Rachelle du Plessis. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button