Local sportSport

Randfontein Jeug Rugbyklub wil Springbokke kweek

Sommige seuns het sommer reeds rugbyballe saamgebring waarmee hulle op die veld gespeel het.

Talle seuns het op Woensdag, 6 April saam met hul ouers ‘n draai gemaak by die Randfontein Rugbyklub vir die Randfontein Jeug Rugbyklub se opedag en registrasie.

Sommige seuns het sommer reeds rugbyballe saamgebring waarmee hulle op die veld gespeel het.

Johan Cronje, die voorsitter van die rugbyklub het vertel dat die jeugrugby amptelik op Dinsdag, 12 April begin.

Dit behels afrigting en oefening, en spelers van ons eerste- en tweedespan sal ook die kinders ‘n bietjie touwys maak,” het Johan vertel.

Hy het verduidelik dat daar geen kontakspel sal wees nie – die kinders sal net oefeninge doen en afgerig word om goed rugby te kan speel.

Jayden Edwards voer ‘n laagvat uit op Fourie Theron. Foto: Michelle Roodt.

Voorsitter van die Jeugklub, Riaan Eloff het vertel dat die kostes R50 per maand beloop, en dat die doel is om die kinders se vaardighede te verbeter, en om meer intensiewe, individuele aandag aan elke speler te gee.

Ouers wat later wil inval kan op Dinsdae en Donderdae met my kom gesels en hul kinders inskryf. Ek sal beskikbaar wees by die oefeninge,” het Riaan vertel.

Oefentye is op Dinsdae en Donderdae van 17:30 tot 18:30 en daar word gevra dat kinders hul eie waterbottels en handdoeke bring. Die Covid-reëls geld nog.

• Navrae: Kontak vir Riaan by 083 640 7070 of Lulu by 071 678 0745.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button