Local sportSport

RandMark trap die groot trap in Pretoria

Al het die weer nie heeltemal saamgespeel nie het nege RandMark-fietsryers 'n splinternuwe wedren in Pretoria voltooi.

Nege van RandMark se fietsryers het op Sondag, 3 April die ‘Die Groot Trap’-wedren in Pretoria aangepak en nie teleurgestel nie.

Klubwoordvoerder Lee Kotze het vertel dat ‘Die Groot Trap’ ‘n splinternuwe wedren is wat aangebied is deur Groot FM.

“Hierdie nuwe wedren vorm deel van RandMark se puntestelsel om die klubkampioen aan die einde van die jaar te bepaal,” het sy gesê.

Ons het begin by Sun Time Square waar dit swaar bewolk was met ‘n groot moontlikheid dat reën enige oomblik oor ons kon uitsak, maar die bewolkte weer was heerlik aangesien Pretoria bloedig warm kan word, maar dit het ook gemaak dat die wind op sommige dele van die roete lelik gewaai het,” het Lee gesê.

Die roete van 105km het heelwat klimme gehad.

“Thinus Forbes en Marius van Tonder het verlede week die Matsa 100 Miler voltooi wat in Kimberley begin het en in Bloemfontein geëindig het, en aangesien wedrenne mens sterk maak het hulle ook die 105km gedoen. Presies ‘n week later het hulle met hul bergfietse beter gevaar as baie van die mense wat met hulle padfietse gery het.”

Nico Smit en Jan Kotze. Foto ingestuur.

Marius het na die tyd vertel dat dit kliphard was, maar dat hy dankbaar was vir die ondersteuning van sy vriend Thinus.

Nadat die laaste RandMarker Sondag oor die eindstreep is, het die oggend se beloofde reën oor hulle uitgesak, het Lee vertel.

Die tradisionele kuier na die tyd is kortgeknip en ons het almal gehardloop vir skuiling.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button