Local sportSport

Olimpiese proewe een van Jay-Leigh se doelwitte

Die 12-jarige Jay-Leigh van Greenhills is 'n leerder by Laerskool Protearif en wil eendag vêr vorder in haar sport.

Wanneer Jay-Leigh Coetzer van Greenhills op die atletiekbaan is, is dit vir haar soos ‘n ander wêreld en sy kan met gemak haar items aanpak.

Die 12-jarige Jay-Leigh is ‘n leerder by Laerskool Protearif en wil eendag groot hoogtes in haar sport bereik.

Sy blink uit in die 150m hekkies, 100m en 150m naellope, en 75m hekkies.

Tydens die Gauteng Kampioenskappe het sy in die semifinaal van die 75m hekkies sewende geëindig.

Volgens Jay-Leigh het sy ‘n passie vir die sport omdat sy hou van die adrenalieninspuiting wat dit haar gee.

Ek hou daarvan om myself te druk en altyd beter te vaar.”

Sy oefen tans vier dae ‘n week vir minstens ‘n uur om haarself te verbeter en haar drome te kan bereik.

Een van haar korttermyndoelwitte is om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem.

“Ek sal baie daarvan hou om eendag na die Olimpiese proewe en al daardie groot kompetisies soos die wêreldkampioenskappe toe te gaan.”

Jay-Leigh Coetzer wil eendag groot hoogtes in atletiek bereik. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button