Local sportSport

Broer en suster wen fiksheidskompetisie

Vertro Functional Fitness en Revelation Fitness se Inhouse Partner Competition het spanmaats se vermoëns getoets.

Talle atlete het tydens Vertro Functional Fitness and Revelation Fitness se Inhouse Partner Competition wat op Saterdag, 14 Mei by Cornerstone Christian School gehou is, gewys waartoe hulle in staat is.

Een van die organiseerders, Lucinda Broodryk het vertel dat hul klub waarvan kinders, mans en vroue lede is elke drie tot vier maande hul atlete uitdaag om hul fiksheid, uithouvermoë en krag ten toon te stel om te bepaal of dit wat hulle die voorafgaande maande geoefen het, hulle laat verbeter het, maar ook om hul swakplekke te bepaal waaraan nog gewerk moet word.

In ‘n kompetisie-opset druk jy jouself baie harder as met oefeninge. Ons gee die atlete dus regtig die geleentheid om hulself verby hul grense te druk, deur hul beperkings te breek en net die beste weergawe van hulself te word.”

Tydens die kompetisie is ‘n kombinasie van oefeninge gedoen om die deelnemers se vermoëns te toets en om te bepaal wie die wenners was.

Lizette van Wyk. Foto: Michelle Roodt.

Hier is die uitslae:

• Eerste plek: Broer en suster Tiaan en Lizette van Wyk
• Tweede plek: Delmarie van Zyl en Adelle Grobbelaar
• Derde plek: Wayne Senekal en Ivan Langemaat
• Vierde plek: Megan Bosch en Vivyan van Zyl

Tian Oosthuizen doen opstote. Foto: Michelle Roodt.
Pieter van Jaarsveld in aksie. Foto: Michelle Roodt.
Joanie Adriaanzen in aksie. Foto: Michelle Roodt.
Richelle van Jaarsveld besig met ‘n kettle bell. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button