Local sportSport

‘n Boogskutter op 79

Jan Taljaard het eers vroeër vanjaar saam met sy kleinseun begin met boogskiet.

Ouderdom moet nooit in jou pad staan wanneer jy ‘n nuwe stokperdjie wil leer nie – vra maar vir Jan Taljaard.

Die 79-jarige inwoner van Greenhills het eers vroeër vanjaar begin met boogskiet en geniet elke minuut daarvan. Hy is ‘n lid van Klub Inyathi.

Hy het vertel dat hy onlangs saam met sy kleinseun, die 12-jarige Ryno Taljaard die sport begin beoefen het. “Ek het besluit dat my kleinseun dit nie alleen kan geniet nie, daarom wou ek dit saam met hom aanpak.”

Volgens Jan geniet hy boogskiet oor die samesyn met die kinders en ander volwassenes, en boogskietkompetisies is vir hom baie lekker.

Dit is ‘n baie goeie sport om mens fiks te hou want dit is baie goeie oefening.”

Hy het reeds aan twee kompetisies deelgeneem. Tydens sy eerste kompetisie het hul span gewen, en tydens die tweede kompetisie is hy as spanbestuurder aangewys.

Tans oefen Jan vier keer ‘n week saam met Ryno.

“Wanneer ek begin sukkel om die boog te trek dan stel ek hom net af.”

Jan moedig almal aan om te begin boogskiet omdat dit so ‘n lekker sport is en omdat mense van alle ouderdomme daaraan kan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button