Local sportSport

Teine bring Senior Groot Uitdaagbeker huistoe!

Randfontein Rugbyklub se eerstespan en o.20's is Saterdag 11 Junie as vanjaar se Senior Groot Uitdaagbeker-kampioene gekroon.

Beide Randfontein Rugbyklub se eerstespan en o.20’s is as vanjaar se Senior Groot Uitdaagbeker-kampioene gekroon na spogoorwinnings teen Germiston Simmer in die eindstryd op Saterdag 11 Junie.

Die wedstryde was op eie bodem in Randfontein gespeel en Teine het nie teleurgestel nie. Teine se eerstespan moes wel vasbyt om 28-22 te seëvier terwyl die o.20’s gemaklik 34-10 gewen het.

Die vieringe was fenomenaal en iets om te beleef.

“Dit is die eerste keer sedert 2019 wat die Senior Groot Uitdaagbekerkompetisie plaasgevind het weens die pandemie. Slegs ons derdespan het toe deurgedring en die beker in 2019 gewen.

Ons is geweldig trots op die manne,” het Klubbestuurder Lulu Kleyn gesê.

Verdedigers sukkel om Dee-Je Van Rhyn, Teine-eerstespanslot, grond toe te bring. Foto: Michelle Roodt.
Stef Calitz in aksie vir Teine. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button