Local sportSport

Teine te goed vir Raiders in Memorial-kragmeting

Twee Randfontein Rugbyklubmanspanne het Raiders in 'n Memorialbeker-kragmeting laat les opsê, terwyl die Teine Girls geseëvier het teen Zondi.

Daar was groot gees by die Randfontein Rugbyklub toe die Teine vir Raiders Rugbyklub tydens ‘n Memorial Cup-kragmeting op Saterdag, 6 Augustus aangevat het.

Klubbestuurder Lulu Kleyn het vertel dat die rugbyspelers, toeskouers en almal betrokke in ‘n goeie luim was en dat almal die dag geniet het.

Staan opsy, hier kom Junior Phalatse! Foto: Michelle Roodt.

Sy het vertel dat die wedstryde by die House of Pain gevolg is deur nog beter rugby na die tyd in die kroeg, waar die spelers en toeskouers na die Springbokke se wedstyd teen Nieu-Seeland gekyk het.

Ons is trots op elke speler en baie trots op al die spanne; hulle is goed voorberei vir hul volgende wedstryd, dié keer teen die Universiteit van Johannesburg,” het Kleyn gesê.

Randfontein se o.20’s het Raiders met ‘n uitstekende 54–3 geklop. Teine se tweedespan het ongelukkig 12–22 verloor, maar die eerstespan het daarvoor vergoed deur Raiders se eerstespan met 50–24 kaf te draf.

Die Teine Girls, wat ook die dag in aksie was, het hul wedstryd teen Zondi by Marks Park in Emmarentia 14–12 gewen.

Dylan Viviers het sy oog op die doellyn. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button