Sport

Teine se eerstes ondersteun RandWes DBV

Randfontein Rugbyklub se eerstespan het tutus gedra en selfs soene verkoop om geld in te samel vir die plaaslike DBV.

Randfontein Rugbyklub se eerstespan het groot gegaan toe hulle onlangs die RandWes DBV gehelp het met ‘n blikskud-fondsinsameling.

Lees ook: Teine ends year with touch rugby tournament

Azile Gqolada opgewonde oor die fondsinsameling. Foto ingestuur.

Die manne het met groot gees, kleurvolle tutus en blomme asook breĆ« glimlagte die DBV in Greenhills gedurende Desember gehelp blikskud om fondse in te samel om vir die diere ‘n heerlike Kersfees te kan voorsien.

Jurie Oosthuysen is gereed vir die dag saam met Jannie van Loggenberg. Foto ingestuur.

Lees ook: Teine-rugbyspelers vereer vir uitmuntende 2022-seisoen

RandWes DBV-voorsitter Brenda Eloff het die dag beskryf as vet pret met een rugbyspeler wat selfs soene begin verkoop het vir die projek.

Brenda het ook vertel dat hulle baie dankbaar is aan al die rugbymanne wat die dag afgestaan het om hierdie fondsinsameling ‘n groot sukses te maak.

Jannie van Loggenberg, Eugene Ferreira en Jurie Oosthuysen. Foto ingestuur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button