Sport

Onderwyser pak Two Oceans

'Die was nog altyd op my bucket list, ek is baie opgewonde' – Marlie Potgieter.

‘n Onderwyser van Laerskool Randfontein verruil hierdie naweek haar liniaal en pen vir ‘n paar hardloopskoene. Sy neem Saterdag, 15 April aan die Two Oceans ultramaraton deel en is vreeslik opgewonde.

Die 48-jarige Marlie Potgieter verteenwoordig dan ook RandMark.

Lees ook: Top 5 benefits of exercise you need to know about

Om voor te berei vir hierdie reuse taak wat voorlê het sy vir ‘n jaar geoefen. Die Two Oceans is baie gewilde wedren. Sy het 11 jaar terug reeds gekwalifiseer om dit te doen maar kon ongelukkig nie deelneem nie weens swangerskap.

“Die was nog altyd op my bucket list. Ek is baie opgewonde en gaan alleen. Dit is die eerste keer wat ek so ‘n lang afstand alleen doen en ek het sewe ure om dit te voltooi.”

Lees ook: Two from RandMark finish gruelling 2022 Comrades Marathon

Sy het verduidelik dat sy weet sy het genoeg ingesit en glo sy sal suksesvol wees.

Volgens Marlie is die helfte van die wedren in jou kop en die ander helfte voorbereiding.

“Dit is belangrik om dit te geniet en dit moet ‘n passie van jou wees anders gaan jy dit nie klaar maak nie. Jy moet elke dag op die pad wees in die reën, sonskyn, donker en veral wanneer jy nie lus is nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button