Sport

Ben, jou doring!

Ben Morgenrood het vanjaar nog sukses op die renbaan beleef en beplan nie om binnekort op te hou nie – al is hy 76.

Die 76-jarige Ben Morgenrood proe steeds sukses nadat hy onlangs twee kategorieë in die Motorsport Kampioenskappe, wat regoor Suid-Afrika plaasgevind het, gewen het.

Ben het sy Ford Mustang se wiele aan die brand gery toe hy aan die twee historiese kategorieë van dié historiese reeks deelgeneem het. Die eerste kategorie was die Pre’66 Legends en die tweede kategorie was die Trans Am.

Hierdie kategorieë was slegs toepaslik vir V8 motors. Ben het albei hierdie kategorieë gewen en ‘n uitnemende eerste plek behaal. Hy het dus ‘n uitnodiging ontvang vir ‘n toekenning by die 2023 Legend Racer Awards.

Die eerste wedren wat Ben gewen het was in 1967 waarvoor hy twee klein trofeë ontvang het. Hy het sy wedrenloopbaan begin met sy padkar wat ‘n groen Mini Cooper S is. Ben het vertel dat hy al menige kampioenskappe gewen het en dat hy springklere vir wintersport ontvang het. Hy het bygevoeg dat hy talle kere oorsee gaan jaag het.

Ben Morgenrood tydens die twee kategorieë wedrenne met sy Ford Mustang.

Ben het verklaar dat motorsport hom aangemoedig het om ‘n besigheid te stig. Hy het toe Randfontein Paneelkloppers in 1975 gestig waar hy die besigheid met gebruikte karre begin het. Vandag het Ben ‘n Ford, Mahindra, Haval en Mazda-handelaarskap. As gevolg van sy deelname in motorsport, het Ben in aanraking gekom met handelaars soos Mazda en Ford waar hy agentskappe gekry het. Daarna vertel Ben dat hy en sy span groot ontwikkelinge in die besigheid gemaak het.

Hy het beklemtoon hoe lekker die sport is omdat hy dit saam met sy twee seuns (Benjamin en Chris-Jan) kan geniet. Hy vertel dat die voorbereiding ook pret is.

“Maar natuurlik die lekkerste deel van motorsport is die wedren van die dag,” het hy gesê.

“Ek het ‘n passie vir motorsport. Motorsport is harde werk. Jy moet jouself toewy daaraan. Dit is nie ‘n maklike proses as jy sukses wil behaal nie. Jy het ‘n passie nodig om jou te dryf om dit te doen. Dit is soos enige ander sport in die lewe. Jy sal die sport kan doen, maar gaan nie sukses daarin behaal as jy nie die werk in sit nie,” het Ben bygevoeg.

Ben se grootste motivering is sy onoorwonne passie vir motorsport.

“’n Mens het meer in die lewe nodig as werk. Daar moet ‘n doelwit wees en die volgende wedren is my doelwit.”

Alhoewel Ben groot presteer het in motorsport vanjaar vertel hy dat sy belangrikste prestasie sy familie van ses kinders is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button