Sport

Dis Teine teen Wanderers vir ‘n plek in Pirates Groot Uitdaag-reeks

Randfontein Rugbyklub sien uit na hul promosie-relegasie-wedstryd teen Wanderers in Maart 2024 want dit is 'n kans om te kwalifiseer vir die Pirates Groot Uitdaag-reeks.

Randfontein Rugbyklub berei nou al voor vir een van hul grootste kragmetings nog.

Op 2 Maart 2024 sal Teine en Wanderers mekaar die stryd aansê in ‘n promosie-relegasie-wedstryd waar die wenner sal veg vir ‘n plek in die Pirates Groot Uitdaag-reeks.

Die gelukkige wenner sal wel bepaal word na al vyf spanne se uitslae. Die klub aan die verloorkant sal dan ongelukkig moet afskuif na die Senior Groot Uitdaag-reeks.

Rudi Marx soen die GLRU se Senior Groot Uitdaag-reeks trofee na sy span se oorwinning van 36–19 oor Khosa in die eindstryd vanjaar.

Vir Teine is ‘n promosie na die Pirates-reeks iets waarvoor hulle juis hard gewerk het die afgelope jare.

Teine het reeds op 2 November vanjaar met hul voorseisoen begin en ook besluit om al hul spelers wat vanjaar diens gedoen het weer vir 2024 te behou.

“Vir die laaste twee jaar het ons eerste span asook die junior spanne hul onderskeie ligas in die Goue Leeus Rugby Unie se Senior Groot Uitdaag-reeks gewen. Vanjaar het die eerste, tweede, derde en junior [o21] spanne almal die liga gewen en geskiedenis gemaak. Ons is nou geregtig tot ‘n promosie-relegasie-wedstryd. Vir volgende jaar se wedstryd sal ons ‘n addisionele o19-span byvoeg en dus sal daar vyf spanne wees wat volgende jaar aan die liga sal deelneem,” het Randfontein Rugbyklub se direkteur van rugby, Hennie van Eck gesê.

Teine tweede span spelers vier hul beker-oorwinning na hul sege van 58–3 in die eindstryd teen Germiston Simmer.

Hy het bygevoeg, “Ons het in 2022 teen groot name en klubs gespeel en goeie sukses behaal so ons is slaggereed om te wys wat in ons steek.”

Related Articles

 
Back to top button