Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: DeeJé van Rhyn
DeeJé van Rhyn, slot van Teine se eerste span stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Die 29-jarige DeeJé van Rhyn, woelige slot van Teine se eerste span, speel sedert 2002 sy geliefde sport. Hy beplan ook nie om gou sy stewels op te hang nie.
As kind en voor die skool-klok gelui het, het DeeJé graag rugby saam met sy bure gespeel. DeeJé het ook vertel dat sy familie hom gereeld rugbywedstryde toe neem en gedurig moes ondersteun.
Sy ervaring spreek boekdele en is hy in 2012 en 2013 gekies vir die Noordwes-Universiteit (NWU) se o19 Luiperdspan. In 2014 het hy ook die NWU se Young Guns verteenwoordig en daarna, in 2015, het hy vir die NWU Pukke se o21 span uitgedraf.
Vir nou, geniet DeeJé elke oomblik by Teine, ‘n klub wat hy al vyf jaar lank sy tuiste kan noem.
“Elke week het ‘n nuwe uitdaging. Ek hou ook van die seer na ‘n wedstryd, dit motiveer my om weer terug te keer op die veld,” het hy gesê.
Sy rolmodel is niemand anders as 2007 Rugby Wêreldbeker-wenner en ysterslot van die Bulle, Bakkies (John Philip) Botha, nie.
Hy sluit af met ‘n slagspreuk deur Audrey Hepburn wat lees, “Nothing is impossible, the word itself says ‘I’m possible’!”