Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Ockert Jacobus Vewas

Ockert Jacobus Vewas, skrumskakel van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Die Randfontein Rugbyklub se skrumskakel, Ockert Jacobus Vewas (25), volg in sy pa se rugbytokse.

Hy het vertel dat mense hom ken as Jaco. Vanaf Jaco kan onthou, het hy graag voor die televisie gesit en rugby saam sy pa gekyk. Na ‘n gereelde tradisie van rugby op die televisie kyk, het Jaco daarna rugby in sy erf begin oefen.

“Ek sal nooit vergeet toe ek my eerste rugbyoefening brief vir my pa gevat het nie. Daardie briefie is op ons yskas geplak en beskou as baie belangrik,” het Jaco gesê.

Op die ouderdom van ses het Jaco sy eerste Bulletjie wedstryd geniet. Tydens sy skoolloopbaan het Jaco die Leeus Unie verteenwoordig. Na skool het hy twee keer die Leeus se amateurspan behaal. Jaco geniet rugby al vir 17 jaar.

Vanjaar is Jaco se eerste jaar by die Randfontein Rugbyklub.

“My rolmodel is my pa. Hy is die persson wat my ‘n passie vir rugby geleer het. Hy het die liefde gekweek en daarna nooit opgehou om my te ondersteun nie. Hy was self iemand wat baie wedstryde as ‘n skrumskakel gespeel het,” het Jaco uitgedruk.

Hy geniet graag rugby, maar daar is nie ‘n spesifieke deel vir hom wat uitstaan nie. Of hy aanval, verdedig of eenvoudig sy deel bring in die span, dit bly sy passie.

Jaco beskryf homself as ‘n baie sosiale mens. As hy nie skrum op die rugbyveld nie, spandeer hy tyd saam met familie en vriende.

“Net soos ‘n rugbywedstryd gaan jy een of ander tyd in die lewe in die rooi gedruk word. Dit is wat jy doen om daar uit te kom wat jou as persoon beskryf en jou karakter wys,” het Jaco afgesluit.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button