Sport

Goudfees vir die boeke

Op 4 Mei het nege skole by RAM bymekaargekom om mini netbal en welpierugby te speel.

Laerskool Randfontein (RAM) het hul beroemde Goudfees aangebied waar talle skole se leerders in aksie was tydens ‘n reeks rugby- en netbalwedstryde.

Alhoewel dit slegs vriendskaplike wedstryde was, het elke deelnemer van die dag ‘n medalje ontvang vir hul toewyding.

Carli Minnie.

“Die doel van die dag was om die kinders se vaardighede te ontwikkel en ‘n lekker familie dag te hou,” het RAM woordvoerder Annie Nolan vertel.

Dominic Pantazis.

Laerskool Rapportryer (Rappies) was een van die nege skole wat die Goudfees bygewoon het. Die ander is Laerskool Horison, Bryanston Parallel Medium Primary School, Westgold Primary, Laerskool Fochville, Laerskool Krugersdorp-Noord, Laerskool Dr Havinga en Laerskool Dagbreek.

Hardus Potgieter.

“Die Goudfees by Laerskool Randfontein was ‘n ware viering van sport en gees! Ons as Rappies het ‘n wonderlike vertoning gesien van ons welpierugby seuns en mini netbaldogters wat hul passie vir die spel gewys het en goeie sportsmansgees bevorder het,” het Rappies woordvoerder Celeste Wentzel uitgedruk.

Twané Prinsloo verdedig.

Related Articles

 
Back to top button