Sport

Teine weereens bo teen UJ in oorspeel-wedstryd

Teine en UJ se se eerste spanne het op 31 Julie in 'n oorspeel-wedstryd kragte gemeet in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks as gevolg van 'n diefstal-insident.

Randfontein Rugbyklub se eerste span het sy derde agtereenvolgende oorwinning oor die Universiteit van Johannesburg (UJ) behaal.

Op Vrydag, 26 Julie het Teine ‘n spoggerige 28–19 oorwinning oor die studente in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks gehad, maar die wedstryd is toe oorgespeel op 31 Julie waar Teine gemaklik met 36–14 geseëvier het. Teine het ook in Mei met 42–31 gewen.

• Lees ook: Teine eerstes looi UJ se studente, alweer!

Klubwoordvoerder Lulu Beukes het verduidelik hoekom die kragmeting tussen die twee eerste spanne oorgespeel moes word.

“Daar was ‘n inbraak in die skeidsregter se kleedkamer en as gevolg daarvan is van sy besittings gesteel. Die skeidsregter was ontstig en wou nie verder blaas nie,” het Lulu gesê.

Sy het verder vertel daar was toe ‘n unievergadering om ‘n nuwe datum vas te stel om die eerstes se wedstryd oor te speel.

Driedrukkers vir Teine was Christo van Emmenis, Itu Mpete, Rudi Marx, Jacqone de Villiers en Johan Swart met Janco Tiedt wat met drie doelskoppe en een strafskop geslaag het. Steff Calitz het verder een doelskop oorgeklits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button