Sport

Veerpyltjiekompetisie vat vlam by Greenhills-kroeg

Dorp Toe het onlangs 'n veerpyltjiekompetisie aangebied om die sport te bevorder.

‘n Plaaslike kroeg, Dorp Toe, het onlangs ‘n dubbels- en enkelsveerpyltjiekompetisie aangebied vir die manne wat kan.

Johan Vermeulen het eerste plek gewen in die enkelskompetisie terwyl Jaco de Jager tweede plek ingeneem het.

In die dubbelskompetisie het Johan Vermeulen en Jaco de Jager eerste plek gedeel. Poppie Vermeulen en Tonie Schwartz was tweede.

Ernie Kriek.

Mede-eienaar van die kroeg, Johan, vertel daar word elke maand ‘n veerpyltjiekompetisie gehou om die sport te bevorder.

Volgens hom het die kroeg sy eie span, Die Lycans, wat elke Dinsdag teen ander Wes-Randspanne kompeteer.

Johan speel al vir 16 jaar veerpyltjies. Hy het die sport beskryf as sy grootste passie. Johan is huidiglik ook deel van die Wes-Rand se sosiale liga.

“Darts is ‘n baie lekker sport en dit bring familie en vriende bymekaar. Dit is ‘n sport vir enige ouderdom en bevorder jou wiskunde vaardighede aangesien jy somme moet doen,” het Johan afgesluit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button