Sport

Alle oë op potspel

Potspel is besig om 'n gewilde sport by die Greenhills Sportstadion te word.

Johann Bezuidenhout het die belangrikheid van sosiale potspel verduidelik toe die SA Nasionale Potspelkompetisie afskop het.

Marko van Deventer.

Plaaslike spelers speel twee keer ‘n week sosiale potspel by die Greenhills-stadion.

Volgens Johann word hierdie sosiale kompetisies om verskeie redes gehou, naamlik om die liefde vir die sport uit te druk en ontspanning te verskaf tydens die streng verpligtinge van die liga.

Jan Dirker.

Johann het bygevoeg dat sosiale kompetisies baie belangrik is omdat dit indiwidue help om in die spesifieke sport te groei.

“Potspel is ‘n sport net soos enige ander sport. Dit bring mense bymekaar vanuit alle rigtings. Dit bou eenheid, samesyn en is ontspannend ook. Enige mens kan deelneem aan hierdie sport en ‘n persoon kan groei en bou,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button