Sport

Teine beloon rugbysterre

Randfontein Rugbyklub se jaareindfunksie het gesorg dat talle spelers se prestasies gedurende vanjaar se seisoen erken word.

Randfontein Rugbyklub se rugbysterre is onlangs tydens ‘n jaareindfunksie vereer.

Op 29 November het die afrigters, spanbestuurders en spelers ‘n beloning ontvang vir die jaar se harde werk by die spoggeleentheid.

Kuster Matyalana ontvang sy trofee vir beste vordering. Saam hom is visie-voorsitter Corné Hulme. Foto: Ryan Keller.

Die uitblinkers van die jaar is as volg:

• Mees verdienstelike lid: André Pretorius
• Persoon wat die meeste inisiatief getoon het: Johan Lensley
• Spesiale toekenning (Senior Burger): Christo Hugo
• Beste spanbestuurder(s): Hendrik van Loggerenberg en Marshall Wright
• Afrigter van die Jaar: Alwyn Lee
• Erekleure: Joe Bootha

Jan Kleyn en Kitso Setlhare. Foto: Ryan Keller.

Teine se eerste span is aangekondig as die vriendelikste span terwyl die derde span met die erkenning as die beste presterende span weggestap het toe hulle die Groot Pirates Uitdaagreeks-titel ingepalm het.

‘n Trotse Louis Smit, Michael Tolmay en José Dias met hul trofeë. Foto: Ryan Keller.

Azile Gqoloda het Sportmangees vir die Jaar gewen vir die senior en junior kategorie.

Dylan Viviers en Nico Nortje. Foto: Ryan Keller.

Chenique Groenewald het die beste vorderingstitel in die dameskategorie gewen terwyl Kuster Matyalana en Michael Bester met die junior kategorietitel weggestap het. Jacques Rautenbach het die beste vorderingstitel in die senior kategorie verwerf.

Jan Kleyn en Michael Tolmay. Foto: Ryan Keller.

Rudi Marx het vanjaar die meeste drieë gedruk met ‘n totaal van 16 en Janco Tiedt het die meeste punte aangeteken met ‘n totaal van 191 punte.

Cazandra van Dyk het Sportvrou van die Jaar gewen terwyl Sims Ngcutha Sportman van die Jaar in die junior kategorie gewen het. Sportman van die Jaar, in die senior kategorie, is Michael Tolmay. Die Spelers se Speler van die Jaar-titel is deur José Dias gewen.

“Weereens baie geluk aan al die wenners,” het bemarkingsbeampte Rika Rabé afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button