Sport

Teine-spelers begin met voorseisoen voorbereidings

Die nuwe jaar het skaars begin maar Randfontein Rugbyklub oefen reeds hard met voorseisoen voorbereiding. Bepalings tot en met Maart is ook bevestig.

Randfontein Rugbyklub se voorseisoen het amptelik op 7 Januarie afgeskop om spelers skerp en fiks te kry vir die seisoen wat voorlê.

Tydens die sessies kry die afrigters ook die geleentheid om met hul groepe te werk. Spelers word per oefening in groepe verdeel met die hoofdoel om die spelers fiks te maak vir wedstryde.

Dit is volgens die direkteur van rugby, Louw Parsons, wat bygevoeg het dat die interne proewe op 15 Februarie sal plaasvind.

“Ons wil die o21-spelers van verlede jaar die geleentheid gee om te ervaar hoe dit voel om senior rugby te speel. Ons wil ook die nuwe spelers ‘n kans gee om hul stempel af te druk,” het hy verduidelik.

Hy het verder genoem dat die oefenwedstryde steeds as proewe dien. Dit gee elke speler die geleentheid om homself teen bestaande spelers te toets, en omgekeerd. Bestaande spelers sien wie sy kompetisie is en wat gedoen moet word om sy plek te behou.

“Kompetisie is gesond. Hier laat ons dit aan die spelers oor om te besluit of hy harder gaan werk om die top-15 te haal en of dit sy doelwit is, sal die afrigters hom help om sy doelwit te bereik,” het Louw uitgespreek.

“Ons gebruik die vriendskaplike wedstryde as proewe. Spelers gebruik dit om te bou en te groei. In die begin maak dit nie saak vir watter span jy gekies word nie, solank ons die beste uit jou kan haal voor die liga begin. Daarna het afrigters en spelers saam om die beste kombinasies volgens wedstrydplanne te kies.”

Op 22 Februarie speel die klub hul eerste wedstryd van die jaar teen Rustenburg Impala. Hul tweede wedstryd vind op 8 Maart teen Alberton Rugbyklub plaas. Hulle sal dan op 15 Maart teen Sibanye Stillwater kragte meet en dan op 22 Maart teen Harlequins Rugbyklub.

“In 2024 het die klubs Teine onderskat en voor hulle kon besef dat ons ‘n faktor was, was dit te laat. Maar 2025 gaan hard wees. Klubs weet nou wat ons kan doen en sien ons as kompetisie, maar ons is slaggereed. Ons het ook doelwitte gestel en ons glo ons sal dit bereik. Ons wil elke Randfonteiner trots maak wat ons kom ondersteun. See it, believe it and achieve it,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button