Vyf nuwe spelers sluit aan by die Teine-familie
Randfontein Rugbyklub se jongste aanwinste praat oor hul opgewondenheid vir die nuwe seisoen.

Vanjaar se rugbyseisoen is sterk oppad en die Teine is slaggereed om die bul by die horings te pak.
Die Randfontein Herald het die Randfontein Rugbyklub se jongste aanwinste gevra waarna hulle uitsien.
Riaan de Jager (24) het opwindend gesê dat hy reg is vir groot kompetisie. Hy sien ook uit om nimmereindigende vriendskappe te vorm.

“Dit gaan baie lekker wees om kompeterende rugby te speel en om nuwe vriendskappe te vorm. My pa was ‘n kaptein vir die eerstespan in die polisie. Rugby is in my bloed en ‘n tradisie,” het Tiaan Muller (31) uitgedruk.

Nog ‘n aanwins, Barend Steyn (34), het vertel hy is opgewonde om wenrugby te speel. Hy sien veral uit na nuwe uitdagings.

Diandré Vorster (28) wil baie graag ‘n verskyning maak in die Gold Cup. Hy sien ook heelwat uit vir die sogenaamde brandewynfeesvieringe na wedstryde.

“Vir my gaan dit oor die samesyn van vriende wat saam rugby speel,” het Ruan du Toit (28) gesê.
Die nuwe Direkteur van Rugby, Louw Parsons (58), het vertel dit is die klub se nuwejaarsvoorneme om te groei en te verbeter.
“Dit gaan baie vat om ons doelwitte te bereik. Ons het al reeds baie gevorder en harde werk ingesit,” het hy met selfvertroue afgesluit.