Sport
Rolbalspelers laat die pret rol
Die Randfontein Town Rolbalklub het onlangs weer 'n dag van pret aangebied.

Meer as 40 spelers het onlangs aan Randfontein Town Rolbalklub se pretdag deelgeneem.
Volgens die president van die klub, Teresa Scheepers, was die dag suksesvol omdat mense van verskeie ouderdomme belangstelling getoon het.
“Die deelnemers het lekker pret gehad en aan die einde van die dag was almal wenners,” het Teresa opgewonde gesê.
Sy het verder vertel ‘n hoogtepunt was natuurlik die samesyn onder deelnemers.
“Van die deelnemers neem al vir jare deel aan ons pretdae. Daar was wel ook ‘n paar nuwe gesigte,” het sy bygevoeg.
Drie stelle wenners was aangekondig vir die dag wat dan ook inkopiesakke gewen het as prys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.